Plaasaanval in Geelhoutboom
‘n Tienerseun is gedurende Paasnaweek in hegtenis geneem nadat hy ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas in Geelhoutboom aangeval het.
Die liggaam van me. Charlotte Froneman is in haar eetkamer gevind met ‘n steekwond aan haar bors.
Haar man, Neil is tans in die hospitaal waar hy vir sy beserings behandel word.
Hulle was die bestuurders van die plaas, 'Dagbreek'.
Die egpaar se twaalf jarige kleindogter, Jordi wat vir die skoolvakansie by hulle gekuier het, is ongedeerd.
Die verdagte is twee keer geskiet voordat hy gevlug het en is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy is ook van die Geelhoutboom-omgewing.
Na wat verneem word het die verdagte vroeër die naweek ook by ‘n buurplaas ingebreek en het die polisie hom kort na sy arrestasie in die sorg van die mense by wie hy bly vrygelaat.
|