Wild News - Voice Of The Garden Route, Garden Route - South Africa. Contact us for news, editorial and advertising. t: +27(0)448821046 Always include alternate text for search engines and sight impaired visitors to your site
Wild News - Voice Of The Garden Route, South Africa.
News | Details

 Hoekwil | Looking Back : 

Die Boshoffs kom ‘n lang pad saam met Hoekwil

Op ‘n dag, ongeveer 1928, besluit my pa, HENDRIK LEWIES BOSHOFF hy het nou lank genoeg gewerk vir sy pa, BAREND FREDERIK BOSHOFF. Hy was reeds getroud met LENIE GERBER en hulle het twee kinders gehad.

Sy pa gee sy toestemming en ‘n geskenk van £2 asook vier sinkplate. Hy gaan toe na die N.G.Kerk Olifantshoek en vra vir ‘n stukkie grond. Hulle gee hom toe 6 morg grond in Gatbos wat geheel in al onder bos is. Die huurgeld is £1-10 per jaar en hy moet dit self skoonmaak.
Hy stap toe met die Brydelpaadjie af en maak vir hom ‘n skans met die vier plate en latte sodat sy gesin beskerming teen die koue en reën het.
Gatbos is ongeveer ses tot agt kilometers vanaf die Olifantshoek Skool en die kinders moes baie ver loop om daar te kom.
Stukkie vir stukkie het hy die bos platgekap, laat winddroog word en dan die take aan die brand gesteek die hout kon uitwerk vir brandhout. Hy moes dit dan met ‘n spansaag opsaag en dan laat droog word om te verkoop.
Die skoongemaakte grond word dan bewerk met ‘n pik om groente te plant soos
Hy was ook ‘n kranige draaier en het baie jukke en swingels gedraai van ysterhout en het ook self tuie en stroppe vir die osse en perde gemaak waarvan baie ook verkoop is.
Nadat sy grond heeltemal skoon was van bosse het hy al ‘n span donkies en ‘n wa besit en het hy ook koring en hawer gesaai. Dié moes met sekels afgensy word en gerwe gebind word en op miedens gepak word. Hy het die koring op ‘n dorsvloer deur perde laat uittrap. Sodat ons die koring kon kry. Oom Danie Gerber het die mense se koring met sy perde uitgetrap.
Later jare, toe ek groter word, het my pa ‘n span van agt osse besit asook ‘n ossewa wat hy self gemaak het. Ons het toe die koring met die wa en osse na ‘n meule in George geneem om daar gemaal te word. Dit het gesorg vir ‘n jaar se voorraad meel asook semels vir die varke.
My ma het tussen veertig en sestig hoerders aangehou wat varyelik op die werf geloof het. Sy het die eiers vir kruideniersware verruil by mnr. Steele se winkel.
Behalwe die span osse het my ouers nog koeie en kalwers gehad. Ons het oorvloed melk gekry sodat my ma kon botter karring en dit verkoop. Daar was nie eintlik geld in daardie jare nie en kinders moes nog hulle eie boeke en skryfbehoeftes koop.
Daar was altyd tyd vir kamp en piekniek hou gedurende die Desember/Januarie-vakansie. My ma en susters het vroeg al begin koek en terte bak vir die ongeveer drie weke se kamp by Swartvlei. Ons seuns moes die oggend van die ryery na Swartvlei om drie-uur die oggend opstgaan om eers die osse te laat wei want my pa het geglo dat osse nie honger kan trek nie want die afstand tussen Gatbos en Swartvlei was baie ver. Op Swartvlei het die mense baie visgevang sodat daar genoeg vis was vir almal wat wou koop en eet. My broer, Chris, het met oom At Gerber se treknet deur die vlei geswem en vyf mans het die net dan gespan.
Ek onthou nog die jaar 1950 toe dit vir agt dae aaneen gereën het en die Touwrivier kwaai oorstroom het. Groot bome is ontwortel. Die vissermanne het ‘n rekord vangs gehad – daar was twaalf streepsakke vol van allerhande soorte wat in die vleie voorgekom het. Dit is onder ses persone verdeel. Ons kon dit geniet en ook vir ander mense uitdeel. My ma het ook van die vis gedroog sodat ons dit later kon eet.
Ook in daardie jaar kry ek jigkoors wat omsit na sinkkoors en ek moes hospitaal toe gaan. Omdat ek nie kon loop weens geswelde bene, moes my ouers ‘n bed op ‘n slee maak sodat hulle my tot by Tienmyl kon neem. Mnr Botha – Wilna van der Bijl (voormalige Mej. S.A.) se oupa - moes my daarvandaan verder per motor na die kospitaal toe neem. Hy was onderwyser by Olifantshoek en omtrent die enigste persoon wat ‘n motor besit het. Ek was vir ses weke in die hospitaal en moes van vooraf leer loop het.
My ma, Lenie Boshoff en my twee susters, Sankie en Katrina, by ons huis in Gatbos met ‘n slaghoender
Olifantshoek se mense was almal baie arm maar was standvastig en vol geloof. Die eerste predikant in die gemeente was ds. Weight en hy moes op Wildernishoogte bly totdat ons ‘n pastorie in Touwsranten kon bou. Laterjare is die huidige pastorie gebou.
Die skoolprinsipaal, in my tyd, was mnr. De Bruyn – pa van die oorlede aktriese, Miems. Hy is opgevolg deur mnr. Uys. Aan talent was hier geen tekort in Olifantshoek nie. Uit hierdie skool het ten minste twee Professore, twee Predikante, verskeie prokureurs, verpleegsters,polisiemanne, treindrywers, twee ingenieurs en baie ambagsmanne gekom.
Die karperd-koning, Oom At Boshoff en sy vrou, Tannie Lizzie, se huis was die tee en koffie drinkplek vir baie onderwysers asook predikante. Daar was ook ‘n Springbok rugbyspeler, Adri Geldenhuys. Sy pa, Barend Boshoff, het meubels van hoë gehalte gemaak.
Ons omgewing het later verander vanaf Olifantshoek na Hoekwil aangesien pos soms verdwaal geraak het tussen Olifantshoek, Noord-Kaap.
Dat ons in 2014 Hoekwil se 100ste herdenking vier is voorwaar ‘n prestasie. Ek hoop die toekoms bring nog groter sukses.

 
Recent Listing

Recent News
Looking Back
THE WILDERNESS COMMON

Recent Listing

Recent News
Looking Back
Van Uitsig tot die Wildfarm

Recent Listing

Recent News
Looking Back
Die Boshoffs kom ‘n lang pad saam met Hoekwil

Recent Listing

Recent News
Looking Back
The Wilderness – 85 years Ago