Wild News - Voice Of The Garden Route, Garden Route - South Africa. Contact us for news, editorial and advertising. t: +27(0)448821046 Always include alternate text for search engines and sight impaired visitors to your site
Wild News - Voice Of The Garden Route, South Africa.
News | Details
Ouma en Oupa saam met ‘n jong Hannes
Ouma en Oupa saam met ‘n jong Hannes
Hannes kort nadat hy op Uitsig begin boer het. Die oop landskap in die agtergrond is vandag met huise bebou.
Die broers Theo en Riaan spog met die “nuwe” bordjie wat die plaas se naam as beide “Uitsig” en “The Wilderness Farm Backpackers” aandui kort nadat dit as gasteplaas geopen is. Vandag staan die plaas as Wildfarm bekend.
 Wilderness | Looking Back : 

Van Uitsig tot die Wildfarm

In elke dorp is daardie families wat sulke diep spore in die geskiedenis van die omgewing getrap het oor generasies heen, dat amper almal wat ooit daar gewoon het hulle sal onthou. Een van daardie families is die Barnards van Wilderness. Die Barnards is al meer as 80 jaar in Wilderness en spesifiek op di plaas wat voorheen bekend gestaan het as “Uitsig”. Vandag is die plaas se naam “Wildfarm” en word al meer as 7 jaar bedryf as ‘n gasteplaas of “backpackers”. Voorheen was dit ‘n “regte plaas”, waar op geboer is.

“Die storie begin by my oupa Adriaan Martinus Barnard wat getrou het in 1933 in George met Kowie Kleinhans . Hulle het daarna die plaas gekoop en hy het dit Uitsig genoem weens die onbeperkte uitsigte van die Indiese Oseaan, berge en Tuinroete mere” verduidelik Theo Barnard wat vandag nog Wildfarm bestuur.
Hulle het 7 kinders gehad waarvan die oudste suster 79 jaar oud is en die jaar haar 80ste verjaarsdag sal vier. Al die kinders, 2 seuns en 5 dogters, woon vandag nog in Wilderness Hoogte. Hulle het almal skool gegaan oorkant die Bundu Kafee in die ou skoolgebou wat nou deur Thanda Jesu as ‘n jeugsentrum gebruik word. Die sewe kinders het elke dag van Uitsig af gestap tot by die skool.
Oupa Adriaan Barnard se hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy het vir die spoorwee gewerk daardie jare en steeds tyd gevind om na ure te boer op sy plaas. Hy het ook later die Bundu Kafee gekoop van die Standers, nog ‘n familie wat al diep spore in Wilderness getrap het. Hy het toe die enigste slaghuis in die area bedryf op die Seven Passes Road oppad na Hoekwil.
Hannes Barnard is die jongste van die spul kinders. Na al die ander kinders getroud is en weg beweeg het van die plaas moes hy nog sy diensplig doen. Toe hy terugkom van die “army” het oupa Adriaan vir Hannes laat begin boer, omdat oupa toe reeds op sy laaste siekbed gelê het.
Hannes het toe vir meer as 30 jaar lank geboer met beeste en groente, maar weens kilmaatsverandering en grondbelasting wat onbekostigbaar geword het moes hy uitendlik die boerdery opgee, van sy grond verkoop en ‘n ander bestaan begin maak.
Hannes is getroud met Hilda-Marie en het twee seuns en een dogter: Theo en Riaan en Leanne. “My Pa het altyd gesê dat ons nooit moet boer nie”, vertel Theo. Hulle het skool klaar gemaak en toe die wêreld gaan verken, en dit is waar die idee vandaan gekom het om ‘n “backpackers” op die plaas oop te maak. Na hulle terug gekom het van Engeland en Skotland het die broers die besigheid begin in die ou melkstal wat leeg gestaan het vir ‘n paar jaar.
Die naam “The Wilderness Farm Backpackers” was meer bemarkbaar as Uitsig en later, omdat dit so lank was om uit te skryf, is dit verkort na “Wildfarm Backpackers” toe. Vandag boer die broers met toeriste en deel die wonderlike Uitsig met ander mense van reg oor die wêreld.
Wildfarm is oop vir enige funksies groot of klein! Die Wildfarm se toekoms sal fokus op bewaring en omgewings bewustyd. Hulle herwin reeds soveel as wat hulle kan van water, tot rommel en glas! In die toekoms wil hulle ‘n groter gedeelte van die plaas herstel tot die oorspronklike plantegroei wat inheems tot die omgewing is. Hulle hoop ook om meer hernubare-energie te gebruik in die toekoms soos son- en windkrag.

 
Recent Listing

Recent News
Looking Back
THE WILDERNESS COMMON

Recent Listing

Recent News
Looking Back
Van Uitsig tot die Wildfarm

Recent Listing

Recent News
Looking Back
Die Boshoffs kom ‘n lang pad saam met Hoekwil

Recent Listing

Recent News
Looking Back
The Wilderness – 85 years Ago